Toekennings vir die 2023-simposium

Pryse vir aanbiedings
 
Kontantpryse sal aan die wenners en naaswenners van alle sessies (referate en plakkate) toegeken word. Voorlopig is die waarde van die pryse vir 2023 is as volg:
 
Voordragte
1 ste prys van R 2 500 per sessie
2 de prys van R 2 000 per sessie
3 de prys van R 1 500 per sessie
 
Plakkate
1 ste prys van R 2 000
2 de prys van R 1 500
3 de prys van R 1 000

Ander pryse  
Daar is 'n verskeidenheid ander pryse in spesiale kategorieë wat ook toegeken sal word. Om deelname deur 'n diversiteit van deelnemers aan te moedig, word voosiening gemaak vir 'n prys vir die beste aanbieding deur 'n nie-moedertaal spreker van Afrikaans. Meer inligting oor die spesifieke spesiale prye vir die 2023-simposium sal later bekend gemaak word. Elke student wat 'n aanbieding by die simposium maak sal ook 'n klein geskenkie ontvang.

Sertifikate  
Sertifikate wat deelname van studente aan die simposium en/of ontvangs van 'n toekenning bevestig, is op aanvraag bekikbaar. Sodange sertifikate sal slegs elektronies (PFD-formaat) beskikbaar gestel word.
 
Publikasie van referaat- en plakkaatopsommings
Die beste uitgebreide referaat- en plakkaatopsommings sal geselekteer word met die oog op die publikasie daarvan in die 2024-uitgawe van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. Hierdie tydskrif word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns uitgegee en word ten volle deur die Nasionale Departement van Opvoeding geakkrediteer. Die publikasie van referaat- of plakkaatopsommings in hierdie tydskrif kan as 'n besondere eer gesien word en dien as aanmoediging vir studente om hul beste werk vir aanbieding by hierdie simposium voor te lê. Toestemming vir opsommings om vir publikasie in ag geneem te word, moet reeds tydens registrasie bevestig word.

More Reading:

  • chief-Body

  • chimney-Brass

  • clean-Bread

  • clear-Breath

  • cliff-Brother

  • Cloth-Building

  • Coal-Burn

  • cold-Burst

  • Color-Business

  • comb-Butter

  • Hoofborge


    Adams&Adams
    Afriforum
    Eureka
    Poretech
    Riptide Technology
    Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) Noordwes-Universiteit
    Verder Scientific
    Wirsam Scientific & Precision Equipment

    Borge


    Jeneel Technology Services Pty LtD
    Unisa