2025-Vliegborgskap
|
 |
Hierdie borgskap is vir studente wat na Kaapstad moet vlieg om aan die simposium deel te neem. Vereistes: 1) Aansoek vir die borgskap moet op die voorgeskrewe vorm (beskikbaar om af te laai in die nuusafdeling op die tuisblad) teen 4 Augustus ontvang word. 2) Die volle simposium moet bygewoon word en 'n referaat- en/of flitsaanbieding gelewer word. 3) Bewys van betaling vir die vliegkaartjie (deur die student self) en die bespreking word verlang. 5) Indien goedgekeur, sal die borgskap eers tydends die simposium in die student se bankrekening betaal word. 6) Studente vir wie hul universiteite of ander instansies reeds hul vervoer betaal, kom nie vir die borgskap in aanmerking nie. 7) Die borskappe sal volgens die diskresie van die SAAWK toegeken word, ook in terme van die totale aantal borgskappe en die aantal per instansie. 8) Slegs aansoeke van studente wat reeds geregistreer het en die vereiste opsommings opgelaai het, sal oorweeg word.
Bedrag: R2000.00
|