Opsommings benodig en ander vereistes
Studente wat 'n referaat of flitsaanbieding by die simposium wil voordra, moet drie tipes opsommings en 'n motivering indien:
●'n Uitgebreide Afrikaanse opsomming van maksimum 500 woorde (dit word vir keuring vir aanbieding by die simposium gebruik en later ook vir oorweging vir publikasie in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie)
●'n Kort Engelse opsomming van 50 woorde (benodig indien die uitgebreide Afrikaanse opsomming later vir publikasie gekies sou word)
● 'n Kort Afrikaanse abstrak van maksimum 150 woorde (vir die simposiumprogramboek)
●'n Bondige motivering deur die promotor/studieleier ter ondersteuning van die aansoek om deelname. Dit moet 'n bevestiging insluit dat die navorsingsresulate wat aangebied word, gebaseer is op die student se eie werk.
Die opsommings wat teen die sluitingsdatum vir registrasie ontvang is, sal aan keuring onderwerp word. Studente sal so gou moontlik in kennis gestel word of hulle aansoeke om 'n referaat of 'n flitsanbieding te lewer, aanvaar is. Indien wel, kan dan met die voorbereiding van die referaat of flitsaanbieding voortgegaan word.
Studente moet daarop let dat hulle nie werk voordra wat hulle nog wil patenteer nie, want hulle kan daardeur die reg tot patentering verbeur. Sulke werk moet verkieslik eers deur 'n voorlopige patent beskerm word voordat dit op 'n openbare forum aangebied word.
Uitlegvereistes vir opsommings
Uitgebreide opsomming (500 woorde)
● Formaat
MS-Word (klaar ander formate met reëlingskomitee uit)
Font: 12 pt Arial
Lynspasie: 1.5
Kantlyne: 2.5 cm links, regs, bo en onder
● Inligting bo-aan die uitgebreide opsomming (onder mekaar, sentreer in middel van bladsy)
Titel van referaat: vetdruk
Outeur - voorletters en van: vetdruk
(Dit is verpligtend om studieleiers as mede-outeurs by te voeg)
Departement, Universiteit: gewone druk
E-posadres: gewone druk
● Grafika/figure/tabelle
Moet slegs in hoogs uitsonderlike gevalle by opsommings ingesluit word (indien absoluut noodsaaklik). Dit moet duidelik genommer word, gepaste byskrifte hê en in elektroniese formaat wees (verkieslik JPEG-formaat - klaar ander formate met reëlingskomitee uit).
● Verwysings
Verwysings vorm deel van die aantal woorde wat toegelaat word. Die aantal verwysings word dus tot 'n maksimum van 4 (VIER) beperk. Raadpleeg asseblief vorige uitgawes van die tydskrif en volg die verwysingstyl noulettend: http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt
Engelse opsomming (50 woorde)
Die Engelse opsomming het 'n maksimum lengte van 50 woorde. Dit moet begin met die Engelse vertaling van die titel van die referaat/plakkaat (in vetdruk en teen die linkerkantste kantlyn), gevolg deur die opsomming. Die 50 woorde limiet het betrekking slegs op die inhoudelike gedeelte van die opsomming. Geen verwysings word ingesluit nie.
Kort Afrikaanse abstrak (150 woorde)
● Formaat
MS-Word (klaar ander formate moet reëlingskomitee uit)
Font: 12 pt Arial
Lynspasie: 1.5
Kantlyne: 2.5 cm links, regs, bo en onder
● Inligting bo-aan kort abstrak (onder mekaar, sentreer in middel van bladsy)
Titel van referaat/plakkaat: vetdruk
Outeur - voorletters en van: vetdruk
Dit is verpligtend om studieleiers as mede-outeurs by te voeg
Departement, universiteit: gewone druk
E-posadres: gewone druk
Stadium van navorsing: Kies tussen begin/besig/gevorderd/afgehandel
Beoogde/verworwe kwalifikasie: Honneurs/MSc/PhD/ander
● Grafika/figure/tabelle
Moet liefs nie in die kort abstrak ingesluit word nie!
● Verwysings
Moet liefs nie in die kort abstrak ingesluit word nie. Indien absoluut noodsaaklik, kan 1 (
EEN) verwysing ingesluit word. Raadpleeg asseblief vorige uitgawes van die tydskrif en volg die verwysingstyl noulettend: http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt
Voordra van vollengte referate
● Tydbeperking: 20 minute per referaat, vraetyd ingesluit
● Aanbieding: verkieslik in MS-PowerPoint of PDF - klaar ander formate met reëlingskomitee uit
● PowerPoint-/PDF-aanbiedings moet op 'n stoormedium soos 'n geheuestokkie na die simposium saamgebring word, waar dit op die rekenaartoerusting in die aanbiedingslokale oorgelaai sal word.
● Rugsteun van aanbiedings word aanbeveel en kan insluit om 'n kopie via jou persoonlike profiel op hierdie webwerf te stoor, of deur van fasiliteite soos "Dropbox" of "We Transfer" gebruik te maak.
Voordra van flitsaanbiedings
● Tydbeperking: 5 minute per flitsaanbieding
● Geen vrae● Ander vereistes - soos vir vollengte referate
● Ons beveel aan dat nie meer as ses skyfies vir 'n fltsaanbieding gebruik word nie.
Opsommimgs voltooi? Wat dan?
● Registreer asseblief op hierdie webwerf om die simposium by te woon en 'n vollengte referaat en/of flitsaanbieding voor te dra.
● Gebruik verkieslik jou gmail/hotmail/yahoo of derglike e-posadres om mee te registreer.
●As deel van die registrasie word 'n e-pos aan jou gestuur met 'n skakel om op te klik om jou registrasie te aktiveer.
●Nadat jy geregistreer het, is 'n persoonlike profiel vir jou geskep, waarop jy weer kan aanteken en jou opsommimgs op die simposiumstelsel kan laai.● Onthou dat jou registrasie eers voltooi is as jou R600 registrasiefooi betaal is.